Waarom moet ons,

ek en jy, (hoegenaamd) bid?

 

En hoe moet ons bid om seker te wees dat

ons antwoorde op ons gebed verkry?

 

AS GOD  Almagtig is en enigiets kan doen volgens Sy wil, het Hy dan nog enigiets nodig van enigeen van Sy skepsels?

 

Hy wat die heelal geskep het deur enkele woorde te spreek, en steeds alles in stand hou sonder dat Hy die mens benodig, waarom sou Hy ons nou nodig h vir enigiets wat Hy teweeg wil bring?

 

As Hy ons nie nodig gehad het om die heelal te skep nie, waarom het Hy gebed ingestel? Wanneer het Hy dan van ons afhanklik geword? Waarom kan Hy niks doen in die sfeer van menslike verlossing, behalwe deur menslike samewerking en dit deur gebed, geloof en dade nie?

 

Hoe het GOD homself dan so in n hoek toegeverf? As GOD in totaliteit selfgenoegsaam is wanneer Hy deur bloot n woord te spreek enige moontlike en onmoontlike ding tot stand kan laat kom waarom gaan Hy dan nie voort, sonder die hulp van enigiemand se intelligensie of wil, of gebed, en tree arbitrr op en spreek net die woord nie?

 

Is GOD dan hulpeloos sonder die mens. Die misterie van gebed as instelling word opgeklaar in Eseg. 22: 30-31.

 

In n tyd van nasionale geloofsversaking, het GOD ges: En Ek het onder hulle n man gesoek wat n muur kan bou en voor My aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.

 

Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van My grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die HERE, HERE.

 

Hier sien mens duidelik dat GOD na rede soek om n verdiende loon uit te oefen. Hyself verlang daarna om die volk te spaar, maar vreemd genoeg is Hy magteloos sonder menslike ingryping, sonder n bemiddelaar. As niemand in die bres wil tree nie, kan Hy nie Sy oordele, Sy toorn, terughou nie.

 

Maar waarom moet Hy van ons gebed afhanklik wees om die volk te verdedig teen Sy eie toorn? GOD is tog Almagtig en verhewe, soewerein in die heelal?

Hy is tog die uiteindelik Regter, die Jurie, die Uitvoerende Mag, die Een wat gesag toepas. Of is Hy dalk nie?

 

As Hy verlang om nie sy volk te oordeel nie, as Hy graag genade wil betoon, hoekom gebruik Hy nie Sy Almag en soewereiniteit nie, ten spyte selfs van wat ons mag bid of nie bid nie?

 

Anders gestel: GOD se Wil is soewerein in alle dinge. As Hy wil dat siele gered word, dat herlewing moet uitbreek, dat Sy afgedwaalde volk na Hom moet terugkeer, hoekom gaan Hy nie net arbitrr oor ons koppe en voer Sy Wil uit nie? Waarom het Hy n stelsel daar geplaas wat Hom afhanklik maak van ons? Is dit nie n verstommende misterie nie?

 

GOD pleit by ons om te bid. Hy wil niks doen in die sfeer van menslike verlossing, sonder ons gebed en intersessie nie. Hy pleit nie net dat ons tussenbeide moet tree met gebed nie, Hy dring daarop aan, soebat ons eintlik.

 

In Matt. 7:7 dring Hy daarop aan dat ons moet klop en nogmaals klop, en voeg dan by: Vir elkeen wat klop sal (beslis) oopgemaak word. Dan verduidelik hy self: Die man en sy vrou en kinders slaap reeds, die deure is gegrendel, toe die vriend opdaag en aanklop en vra vir drie brode.

 

Maar die man wil nie opstaan en sy vriend help nie. Dan s Jesus: Alhoewel hy nie sal opstaan en help omdat dit sy vriend is wat aanklop nie, staan hy uiteindelik tog op en help vanwe die vriend se aanhoudende irriterende geklop. Met ander woorde, as mens ophou klop, word daar nie oopgemaak nie. Soms moet mens nogal lank klop, maar die belofte staan vas: As jy aanhou klop dan sal daar vir jou oopgemaak word!

 

En verder: As jy aanhou soek, sal jy beslis vind. Dit is duidelik dat GOD niks doen, en niks gebeur, as ons nie bid nie. GOD is die GOD van die oes, nogtans dring Hy in Matt. 9:38 daarop aan dat ons moet bid dat Hy arbeiders in die veld moet stuur. Die oes is syne en die arbeiders is tog syne. Hoekom sou Hy hulpeloos toekyk terwyl Hy wag dat ons bid dat Hy arbeiders in die oes moet instuur? Hoekom stuur hy arbeiders slegs uit in antwoord op ons gebed?

 

Die fundamentele belangrikheid van hierdie instelling van gebed in GOD se Raadsplan, word verder beklemtoon daardeur dat GOD homself onomwonde verbind om te antwoord!

GOD se belofte om te antwoord is byna soos n blanko tjek wat reeds Sy handtekening dra. Dis n verbysterende gedagte, maar n werklikheid. Dis of GOD Sy septer aan ons oorhandig het en by ons pleit om dit te gebruik.

 

Die volgende voorbeelde ruim alle twyfel uit die weg:

En wat julle ook al in My naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in My naam vra, sal Ek dit doen.   Joh. 14: 13-14.

 

As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil h, en julle sal dit verkry. Joh. 15:7.

 

In daardie dag (n die Hemelvaart) sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar, Ek s vir julle, alles wat julle die Vader sal vra IN MY NAAM, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid, en julle sal ontvang (hoekom?) sodat julle blydskap volkome kan wees!

Joh. 16:23-24.

 

Daar is geen voorwaardes wat GOD bind of verhoed om die gebed van n getroue kind van Hom te beantwoord nie. GOD self hoef aan geen voorwaardes te voldoen nie.

 

Die voorwaarde: As julle in My bly en My woorde in julle, is alles moontlik en binne bereik van elke wedergeborene wat dit erns met GOD bedoel.

As dit nie moontlik was om hierdie voorwaarde na te kom nie, dan sou dit sekerlik n risiko aan die kant van GOD wees om sulke verreikende beloftes te maak en so iets is tog onmoontlik, GOD sal nie n fout maak nie.

 

As GOD dus nie kan fouteer nie, dan is die totale verantwoordelikheid  vir gebedloosheid of oneffektiewe gebed, ons sin. Van GOD se kant af is dit dus n eervolle optrede. Van GOD se kant af is dit n waterdigte aangeleentheid. Sy deel is reeds gedoen. Sy belofte is om altyd te antwoord ingevolge Sy Wil. Daar is dus ook geen fyn skrif nie.

 

Die getroue kind van GOD sal nooit iets vra buite die Vader se Wil nie. GOD wou in n stadium iemand h om in die bres te staan vir die volk. Dit is dus Sy Wil dat ons tot Hom bid om herlewing en restourasie van die volk. As ons sekere middele daarvoor benodig, dan sal Hy dit ook gee. Dieselfde geld in die geval van siele inwin vir Sy Koninkryk.

 

Ook geld dit ons blydskap want dit is Sy Wil dat ons blydskap volkome sal wees!

 

Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Joh. 16:24. Sien ook: Joh. 15:11; 17:13 Fil. 2:2; 1 Joh. 1:4.

 

GOD se aanbod aan ons is n bona fide aanbod, n aanbod ter goeder trou. Dit is n uitnodiging aan die wedergeborenes om in volle vennootskap saam met Hom te lewe. Nie dat ons namens Hom besluite sou neem nie, maar meer in die sin van medewerker. Rom. 16:3;9;21. 1 Kor. 3:9.

 

Die verantwoordelikheid en die uitvoer van GOD se raadsbesluite, plaas Hy op die skouers van Sy Kerk, my en jou se skouers.

 

En Ek s ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van die Koninkryk van die Hemele gee; en wat jy (My gemeente) ook op die aarde mag bind, sal in die Hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees. Matt. 16: 18-19.

 

Die belofte word aan die Kerk in die algemeen herhaal in Matt. 18:18  Voorwaar Ek s vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die Hemel gebonde wees, en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die Hemel ontbonde wees.

 

So byvoorbeeld as n huwelik op die aarde in die naam van Jesus Christus verbind word, dan is dit in die Hemel gebonde. So bind ons ook die onheil in die naam van Jesus en dit sal in die Hemel ook gebonde wees. So maak ons iemand los van die onheil op aarde en in die Hemel sal so iemand ook vrygemaak wees.

 

In Matt. 12 praat Jesus Christus oor die uitdryf van duiwels en s: Of hoe kan iemand in die huis van n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei (gebind) het nie? En dan sal hy sy huis beroof. Matt. 12:29. Mark. 3:27.

 

As die drankduiwels die sterk man in iemand se lewe is, dan kan ons nie vir daardie iemand begin bid alvorens ons nie die duiwels gebind en uit die man uitgedryf het nie. Eers dan begin ons vir die man bid en beroof ons hom van al die verkeerdheid in sy lewe.

 

Kyk, ek gee aan julle mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Lukas 10:19.

 

Hoekoms is daar dan dinge en mense wat ons skade aandoen? Eenvoudig omdat ons nie die HERE opreg dien en bid (sonder ophou) nie.

Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou. Joh. 20:21.

 

Bely (dus) mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van n regverdige het groot krag. Jak. 5:16

 

Bely mekaar julle misdade beteken nie dat ons, ons sondes teenoor mekaar moet bely nie. Dit bely ons teenoor die HERE. Maar wanneer ons teen mekaar gesondig het, dit moet ons teenoor mekaar bely soos byvoorbeeld kwaadsprekery, liefdeloosheid. Ons kan nie antwoorde op ons gebede verwag wanneer ons liefdeloos teenoor mekaar is nie.

 

Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here; verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed. Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid; sen die wat julle vervolg, sen en moenie vervloek nie; wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween; wees eensgesind onder mekaar; moenie na ho dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie; vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop. Rom. 12:9-20.

 

Wat betref Joh. 20: 21-23 is dit duidelik dat ons as GOD se verteenwoordigers op aarde aangestel is. Soos wat die Vader Hom gestuur het, stuur Hy ons ook.

Hy sou ook nie die opdrag gegee het as Hy ons ook nie die krag voorsien het om die taak uit te voer nie. Die vraag is: Waarom het GOD verkies om binne die raamwerk van gebed te opereer? Waarom het hy die volle verantwoordelikheid vir die uitvoer en administrasie van Sy Goddelike regering op aarde, op die skouers van die wedergeborenes geplaas?

 

Waarom sal Hy hom nie inmeng in aardse aangeleenthede nie, behalwe om op te tree in medewerking met Sy Kerk? GOD het uit en uit van Sy magte aan Sy Kerk gedelegeer. Hoe anders kon dit moontlik word om die Evangelie na elke uithoek van die wreld te neem?

 

Deel van die Opdrag is:  En leer hulle. Hoe sou dit moontlik wees om die nuwe siele wat inkom in die Koninkryk te leer, as dit nie die plig van die wedergeborenes is nie?  Wat baat dit, my broeders, as iemand s dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Di geloof kan hom tog nie red nie? Jak. 2:14.

 

Ek en jy is nie gered om Hemel toe te gaan nie, ons is gered om die Koninkryk te bou. Ons moet dag en nag bid, dag en nag betrokke wees. As daar nou n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle s: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie wat baat dit? Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. Jak. 2:15-17.

 

GOD had iets oneindig groot in gedagte toe Hy die stelsel van gebed ingestel het. GOD se ewigheidsdoel met die heelal en Sy volk was om n Ewigheidsmaat vir Christus op aarde te skep.

 

Hierdie feit is deel van die openbaarmaking van die misterie in die Boek Efesirs wat die klimaks in Hoofstuk 5 bereik. Hierdie hoofstuk verklaar die Goddelike openbarende parallel tussen GOD se menslike en Goddelike huweliksprogramme. Strofe 32 klaar die misterie op wanneer Paulus onomwonde verklaar dat die huweliksmaats in die huweliksprogram, Christus en die Bruid (ons die wedergeborenes) is.

 

Hoekom? Want die Bruid (die Kerk van Christus) in sy hoedanigheid as Bruid van Christus, as huweliksmaat, sal die hoogste amp in die heelal beklee, naas die Godheid self. As Bruid van die Ewige Seun, sal sy saam met Hom universele soewereiniteit deel!

 

Weet julle nie dat die Heiliges die wreld sal oordeel nie. Weet julle nie dat ons Engele sal oordeel nie? 1 Kor. 6: 2a-3a

As ons verdra, sal ons saam met Hom regeer. 2 Tim. 2:12.

En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee. Openb. 2:26.

Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het. Openb. 3:21.

Toe sing hulle n nuwe lied en s: U is waardig om die boek te neem en sy sels oop te maak, want U is geslag en het ons vir GOD met U bloed gekoop, uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse GOD gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. Openb. 5: 9-10.

 

Omdat die wedergeborenes Christus se Geliefde en Bruid is, moet sy onderrig word, geleer word, en voorberei word vir haar Koninklike rol.

 

Deur Sy gesag aan die Bruid te delegeer om Sy administrasie en besluite op aarde uit te oefen moet die Bruid  leef  soos een wat gereed is om in die huwelik te tree. Die Bruid moet toenemend in die binnekamer in gebed verkeer rakend GOD se Raadsbesluite en die uitoefening daarvan. Ons kan dit ook in-diens-opleiding noem. Sy moet die kuns van geestelike oorlog aanleer en begryp, oor hoe om die onheilsmagte te verslaan in voorbereiding vir haar huwelik met die Lam van GOD en haar Troon-bestyging.

 

Om haar in staat te stel om die tegniek van oorwinning aan te leer, het GOD die stelsel van gebed ingestel. Let op hoe word haar sfeer van aksie beklemtoon: Wat jy ook al bind op die aarde sal in die Hemel gebonde wees, wat jy ook al ontbind op die aarde sal in die Hemel ontbonde wees.

 

En, As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra,  dit sal hulle ten deel val  van My Vader wat in die Hemel is. Matt. 18:19. Hierdie delegering en verantwoordelikheid betreffende gesag en administrasie wat aardse aangeleenthede aanbetref,  beslaan die hoogste eer, en verhoog die Bruid tot die hoogste rangorde onder alle lewende wesens.

 

Geen Engel of Aartsengel sal ooit hierdie ho rangorde beklee nie, want nie Engele nie, maar alleen wedergeborenes is in die beeld van GOD geskape en kwalifiseer om die Bruid te wees en die Bruidegom se troon te deel. Hierdie raadsplan van GOD is nie as n losse gedagte agterna ingestel nie, maar kom nog voor die grondlegging van die aarde af, aldus Efes. 1: 4. Hy het die wedergeborenes uitverkies voor die grondlegging van die wreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees.

 

Dit was GOD se oorspronklike doel met die skepping van die heelal. En Sy gebedsprogram is die metode om die Bruid voor te berei vir haar toekomstige rol as Koningin. Dit is waarom GOD nooit oor die kop van Sy Kerk gaan nie. Hy sal nie dinge uit ons hande neem nie. Ons het n kardinale rol om te vervul. Deur Haar rol hier op aarde te vervul, kan Sy haar volle status bereik as mede-regeerder van die heelal. GOD kan Haar nie verlos voordat Sy nie haar verantwoordelikheid aanvaar en n sukses van haar taak maak nie.

 

2 Petrus 3: 9 lees: Die HERE vertraag nie die belofte (van Sy Wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie h dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

 

Hoe lank ons dus nog op hierdie aarde gaan wees voordat ons oor die konings en priesters van hierdie wreld gaan regeer, hang alles van ons eie prestasie af. Feit is, Hy kom nie voordat Sy Bruid nie sonder vlek of rimpel is nie. Efes. 5: 27.

 

GOD sal dus niks doen, anders as in antwoord op gebed nie. Die wedergeborenes moet in gebed en intersessie intree vir GOD se volk, vir herlewing, vir restourasie. Die grootste wat enige wedergeborene vir GOD en vir die mens kan doen, is om te bid! Natuurlik kan ons meer doen as net bid nadat ons gebid het, maar ons kan niks doen alvorens ons nie gebid het nie.

 

Deur gebed slaan ons die uitklophou. Deur dienswilligheid versamel ons die resultate. Hoe meer gebed daar is, hoe n beter plek sal die wreld wees waarin ons woon, en hoe magtiger sal ons teen die onheil staande kan bly. Ons het en maak tyd vir alles, behalwe om te bid. Maar hopelik, nou dat ons almal besef wie ons werklik is en watter belangrike rol ons op aarde moet vervul en watter groter rol ons in die Hiernamaals gaan vervul,  hopelik sal ons nou tyd maak om met GOD te versoen en ons voor te berei vir die komende Huwelik.

 

Van nou af aan, laat die volgende strofe ons slagspreuk of ons wagwoord wees: Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van GOD! 1Kor. 10: 31.

 

En wat leer Die Bybel, hoe bid ek om seker te maak dat my gebede beantwoord word?

 

Die euwel van ons tyd is gebrekkige kommunikasie en wanpersepsies. As jou lewe met die HERE reg is en jy het n deeglike studie van die voorafgaande gedoen, dan moet jy nou leer hoe om met GOD te kommunikeer. Verder moet jy seker maak dat jy met werklikheidspersepsies saamleef, byvoorbeeld, mens bid nie vir n R350 000 ingevoerde motor, as jy bloot een van R120 000 nodig het nie.

 

Baie mense bid nie meer nie. Hulle s dit help nie want hulle gebede word tog nie beantwoord nie. Baie keer is dit weens gebrekkige kommunikasie en wanpersepsies. Die euwel van gebrekkige kommunikasie en wanpersepsies strek deur die totale samelewing, ook in die sakewreld.

Wat ons hier gaan doen is nie om te kyk wat ons nie moet doen nie, maar wat ons wel moet doen, om seker te maak dat ons antwoorde op ons gebede kry.

 

Ten eerste moet ons besluit presies wat ons van die Vader verlang.  Hoekom?

 

Want Jak. 3:6-8 s: Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel: want hy wat twyfel, is soos n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word want di mens, moenie dink dat hy iets van die Vader sal ontvang nie. Met ander woorde, so iemand sal niks van die Here ontvang nie.

Jakobus s verder dat so iemand dubbelhartig is en boonop onbestendig is al sy we.

 

Dis soos iemand wat n trollie op en af in n hipermark stoot en nie kan besluit wat om te koop nie, net omdat hy of sy nie vooraf besluit het wat hulle nodig het nie. As twyfel jou probleem is, bely dit en weier om te twyfel. Bestraf die twyfel in die naam van Jesus Christus en gebied dit om van jou af weg te gaan. Neem in die naam van Jesus Christus oor alles wat indruis teen jou geloofslewe.

 

En wanneer die antwoord daar is, moenie dan s: O ek kan dit nie glo nie. Let op die volgende verhaal:

Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom n die Paasfees voor die volk te bring. So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het n aanhoudende gebed tot GOD deur die gemeente vir hom opgegaan. En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak. (Petrus kon hoegenaamd nie ontsnap nie, maar nie ver daarvandaan nie het n groep Christene eendragtig in ernstige gebed verkeer)

 

En meteens staan daar n Engel van die Here by hom, en n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en s: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval. (As Petrus nie wou opstaan nie sou die boeie seer sekerlik van sy hande afgeval het nie)

En die Engel s vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder s hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my! (Let op, alles word nie vir Petrus gedoen nie, sommige goed moes hyself doen)

En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die Engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy n gesig sien. (Hy bly GOD-gerig: As die werklikheid dan vir hom te groot is, dan sien hy ten minste n gesig)

 

En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die Engel hom verlaat. Toe kom Petrus tot homself en s: Nou weet ek waarlik dat die HERE sy Engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk. En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.

 

(Let op wat nou gebeur) En toe Petrus aan die deur van die poort klop, het n diensmeisie met die naam van Rhod gegaan om te hoor wie daar was.

En sy het die stem van Petrus herken en van blydskap die poort nie oopgemaak nie, maar na binne gehardloop en vertel dat Petrus voor die poort staan. Maar hulle s vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop s hulle: Dit is sy Engel. (Dit waarvoor hulle gebid het, is beantwoord, nou glo hulle dit nie. Petrus steur hom egter nie aan wat hulle dink of s nie, hy hou aan met klop)

 

En Petrus het aangehou met klop; en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was verbaas. Maar hy het vir hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die HERE hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy s: Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na n ander plek vertrek. En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie. Daarop het Herodes hom gesoek en nie gekry nie, en die wagte onder verhoor geneem en bevel gegee dat hulle tereggestel moes word. En hy het van Juda weggegaan na Cesara en daar gebly. (Wanneer ons in die geloof bid sonder om te twyfel, antwoord GOD nie net nie, Hy vernietig ook die oorsaak van ons probleme) Hand. 12:4-19.

 

Ons moet aanvaar dat daar twee magte op die aarde aanwesig is: GOD se mag en die satan se mag. Die twee staan teenoor mekaar. Twyfel kan nooit van die Hemel af kom nie. Die amptelike opdrag is in Jak. 4:7: Onderwerp julle dan aan GOD: weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug! Om te weerstaan beteken op aksie te neem. Om te twyfel is dus sonde.

 

Ten tweede moet ons die Vader vra vir dit wat ons nodig het. Onthou, Hy voorsien dit wat ons nodig het, en nie dit wat ons wil h nie! Matt. 7:7-8 lees: Bid, en vir julle sal gegee word: soek en julle sal vind: klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want, elkeen wat bid, ontvang: en hy wat soek, sal vind, en vir hom wat klop sal oopgemaak word.

 

En verder (Matt. 6:8) julle Vader weet wat julle nodig het nog voordat julle vra.

Hoeveel mense het nie al hierdie strofe aangehaal en ges maar hulle hoef nie te bid nie want die Vader weet reeds wat hulle nodig het. Maar, waarom moet ons dan nogtans vra? Dis eenvoudig. Wanneer jy agterkom dat jou kind se skoene vervang moet word en jy vervang dit voordat hyself agtergekom het dit is flenters, dan het daardie kind geen waardering vir die nuwe skoene nie. Kom die kind egter self agter dat sy skoene vervang moet word en hy vra mooi dat sy ouers vir hom nuwes moet koop, dan sal hy nie net waardering openbaar nie, maar  hy sal die skoene ook oppas.

 

Ten derde moet ons glo dat ons wel ontvang. Want voorwaar, ek s vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg (probleem) s: hef jou op en werp jou in die see en nie in sy hart twyfel nie, maar glo wat hy s sal gebeur hy sal verkry net wat hy s. Daarom s Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang (glo dat julle dit reeds ontvang het), en julle sal dit verkry. Mark. 11:23-24.

 

Vierdens moet ons Skriftuurplase lees wat beloftes vir ons gebed bevestig.  Fil. 4: 8. Die Christen-lewe is nie iets wat jy dan en wat uitleef nie, of net aangryp wanneer jy in nood is nie...

 

Asook Jos. 1: 8: Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie, maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan: want dan sal jy in jou we voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

 

Die opdrag is dat ons die Woord van HERE deeglik sal ken, sodat ons nougeset kan wandel natuurlik ook wat betref wat rondom ons aangaan sodat ons presies kan weet waarvoor om te bid of in die bres voor te staan. Christus het nooit n wapen saam met Hom rondgedra nie. Hy het deurentyd die Woord as swaard gebruik, bv toe die duiwel Hom drie keer versoek het.

 

Die volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis. Kyk net wat leer mens al net uit hierdie geskrif nie. Joh. 15:7  lees: As julle in My bly en My woorde (kennis) in julle, sal julle vra net wat julle wil h, en julle sal dit verkry.

Ons prop onsself vol aardse kennis, maar ons ken nie die Woord van God nie n Woord wat selfs n kind kan verstaan nie!

 

In daardie uur het die dissipels gekom en gevra: Wie is tog die grootste in die Koninkryk van die hemele? Toe roep Jesus n kindjie na Hom en laat die kind in hulle midde staan en Hy s: Voorwaar, Ek s vir julle as julle nie verander en soos kinders word nie, sal julle nooit die Koninkryk van die hemele binnegaan nie. Matt. 18:3.

 

Is jy nie ook verbaas om dit te hoor nie? Jesus Christus s, as ek en jy nie verander, en soos kinders word nie, sal ons nooit die Koninkryk van die hemele sien nie!

Wat doen n kind? n Kind is onderdanig, eerbiedig sy ouers en is baie lief vir sy ouers en bly dan en nag trou aan sy ouers. n Kind glo ook alles wat sy ouers vir hom s, hy betwyfel dit nooit.

Strofe 4: Elkeen wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die Koninkryk van die hemele!

Ons het geen verskoning daarvoor as ons nie die Woord ken nie.

 

Vyfdens moet ons aan GOD lofprysinge gee. Fil. 4: 6 lees: Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes (oor die dinge wat julle werklik benodig) in alles deur gebed en versoeke met danksegging by GOD bekend word.

 

Lofprysinge, iets waarvoor so baie Christene bang is dat hulle onordelik sou wees as hulle dit doen, is n dinamika sonder weerga! Ps. 149 s lofprysinge is soos n tweesnydende swaard: Aan die een kant maak ons GOD se naam groot, terwyl ons aan die anderkant  wraak uitoefen oor die heidene, strafgerigte onder die volke; om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie, om n vonnis wat (reeds) opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. n Eer is dit vir al Sy gunsgenote. Hallelujah!

 

Het jy ooit kon  dink dat n kind van GOD so iets deur middel van lofprysinge sou kon vermag? Christene spring op die sportpawiljoene op en af, swaai hulle arms, en bring lofprysinge aan hulle span of aan hulle held, maar as hulle dit vir GOD moet doen, dan kan n klontjie suiker skaars in hulle monde smelt.

 

Sesdens bid ons altyd in die naam van Jesus Christus. Joh. 16: 23 lees: En in daardie dag (na die Hemelvaart) sal julle my niks vra nie. Voorwaar, voorwaar, ek s vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in My naam, sal Hy julle gee.

2 Kronieke 7:14 is n realiteit:  As My Volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek, en hulle bekeer van hulle verkeerde we, dan sal Ek (beslis) uit die Hemel hoor en hulle vergewe en hulle land genees.

 

Waarom toets ons nie GOD aan sy Woord nie? Inderdaad is gebed n nasie-skuddende, geskiedenis-makende, wreld-verskuiwende saak.  Nie dat gebed as sodanig magtig is nie, maar onse GOD is! Alles is reeds probeer vir reg en geregtigheid in Suid-Afrika, behalwe deurdringende, aanhoudende gebed. Begin vandag nog n eendragtige gebedswaak in jou eie huis. Dit is die antwoord, die enigste antwoord! Al is julle net twee wat begin, maak daardie begin.

 

Ja, twee is genoeg wat die HERE s self waar twee of drie in sy Naam bymekaarkom, daar is Hy. GOD se vermenigvuldende krag doen die res: n paar brode en vissies voed n menigte. Lev. 26:8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.

 

Maak nou self jou eie vermenigvuldende somme verder en kyk wat gebeur as n 100, as 50 000 eendragtig begin saambid. Die vurige gebed van n regverdige het groot krag. Jak. 5:16. Hand. 4:31. Vervolgens moet ons staatmaak op die Heilige Gees in ons gebedslewe.

En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, (Hoekom?) want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. Rom. 8:26-27.

 

Natuurlik, jy het dit al baie oorgekom: Jy weet nie reg wat om te bid nie. Dit is hier waar die gawe van die spreek in n hemelse taal, die taal van die Gees, in werking kom. Want as ek in n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. 1 Kor. 14:14-15.

 

Daar is dus twee maniere waarop n mens kan bid: Bid met die verstand as jy weet waaroor dit gaan en presies wat jy wil bid. Maar as jy nie reg weet wat om te bid nie, dan bid jy nie met jou verstand nie, dan bid jy in die Gees. En wanneer jy in die Gees bid, dan is jou verstand onvrugbaar. Want hy wat in n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. Hy wat in n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente. 1 Kor. 14:2-4.

 

Dit beteken nie Christene links en regs moet profeteer nie. Daar is n tyd en n plek vir alles. Pred. 3:1-8. Wanneer jy die HERE wil prys, dan kan jy ook dit met jou verstand doen, of in die Gees. Het jy al iemand in n hemelse taal hoor sing? Het jy al n groep in tale hoor sing wanneer hulle die HERE loof? Dit alles beteken dat mense wat die doping in die Heilige Gees misken, n baie groot fout maak en hulself van grootse seninge en deurbrake beroof.

 

Paulus s: Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal... Rom. 4:18. Hoekom was dit nodig dat hy juis dit vir hulle moes s? Eenvoudig, omdat hulle nie daarvan geweet het nie want dit vind in sy binnekamer plaas. Oor die tale in die gemeente, s Paulus egter: ...maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in n taal.

 

Paulus s ook: So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. (Hoe?). Daarom moet hy wat in n taal spreek, bid dat hy dit kan uitl. 1 Kor. 14:12-13.

Paulus dui duidelik aan dat die spreek in tale in die gemeente taamlik min plaasvind, maar wanneer dit plaasvind, dan moet daar n vertaling in die taal van gemeente plaasvind, sodat die gemeente gestig kan word.

 

Paulus beklemtoon dit verder wanneer hy in 1 Kor. 14:16-17 s: Anders, as jy met die gees dank (in n taal dank), hoe sal hy wat die plek van n onkundige inneem, amen s op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy s nie? Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.

Daar moet dus elke keer n vertaling plaasvind wanneer iemand in n taal in die gemeente optree. Hoekom?  Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. 1 Kor. 14:9.

 

Dan s Paulus n belangrike ding: Die tale is dus n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges. As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie s dat julle kranksinnig is nie?  Maar as almal profeteer en daar n ongelowige of n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is. 1 Kor. 14:22-25.

 

Vir Paulus is die tale nie so belangrik in die gemeente, behalwe dat wanneer dit by uitsondering plaasvind, daar noodgedwonge n uitleg moet wees anders dink die ongelowiges die gemeente is kranksinnig. Maar Paulus laat val die klem op profesie. Profesie gaan nie met n taal vooraf gepaard soos wat baie redeneer nie. Profesie is belangrik want ... so kom die geheime van sy hart aan die lig.

Hierby is ook betrokke die gawe van die onderskeiding van die geeste. 1 Kor. 12:2-11. Die tale is egter grotendeels vir die gebruik in kommunikasie tussen jou en GOD wanneer jy in jou binnekamer bid.

 

Daar is egter gevalle waar Christene in hulle binnekamer in n hemelse taal in die Gees gebid het en die gebed ook vertaal het, sodat ook hulle verstand kon verstaan wat hulle gebid het. Hierdie blyk egter n uitsondering te wees. In die meeste gevalle weet mens uit die bevestiging van die Woord, wat die HERE se Wil in n saak is. Dit kan in jou eie stiltetyd gebeur, of waar jy saam met iemand Bybelstudie doen, of onder die prediking of self in gemeentelike aanbidding. Hoe anders het die gemeente geweet dat die Heilige Gees s dat die gemeente Paulus en Barnabas moes afsonder vir die werk?

 

Uit hierdie vooraf gedeelte het ons duidelik geleer dat daar kere is wat ons nie weet hoe en wat om te bid nie, ons weet nie wat die HERE se Wil in n betrokke saak is nie.  Dan skakel ons, ons verstand uit en ons bid in die Gees in ons hemelse taal. Dan spreek ons verborgenhede tot die HERE.

Jesus Christus s dat wanneer ons gered is en die Koninkryk begin bou, dan sal ons die volgende doen: En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande l, en hulle sal gesond word. Markus 16:17-18.

 

Vraag is: Hoe bekom mens hierdie gawe van n taal? Eintlik net so eenvoudig soos die dag toe jy wedergebore is. As iemand jou vandag sou vra hoe weet jy dat jy wedergebore is, sal n n klinkklare getuienis kan lewer. Jy het Jesus Christus as Saligmaker, as Verlosser aangeneem. Dit was alles n geloofsaksie.

Net so vra jy die HERE vir die doping in die Heilige Gees en ontvang dit. Dit is hoe eenvoudig dit is. So ook al die ander gawes. Ontvang dit net en gebruik dit.

Dis waar die sleutel l: Gebruik dit. Ontvang die Heilige Gees en praat eenvoudig in die taal wat jy daardie oomblik ontvang. As jy nie begin praat nie, sal jy nooit praat nie. Hand. 1:5 en 8.

 

As jy die gawe van genesing ontvang, maar jy bid nooit vir n sieke nie, sal niemand ooit genees nie. n Feit wat ons nooit uit die oog mag verloor nie, vind ons in Markus 11:25,26 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

 

Dit is hoe eenvoudig dit is:  as ons nie vergewe nie, vergewe GOD nie en al ons gebede is futiel. In Matt. 6 vind ons die bekende Onse Vader met die gedeelte: ... vergeef ons, ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe.

En dan strofe 14: ...Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

 

Dit beteken kortweg dat jy die Onse Vader duisend keer kan bid en niks sal gebeur nie want jy het nie ander mense vergewe nie. En veel erger: As jy nie vergewe het nie, maar jy gebruik die Nagmaal, dan drink jy (boonop) n oordeel oor jouself! Let op: Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en s van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en 'n aantal het ontslaap. 1Kor. 11:27-30

 

n Vrou met bloedkanker vra op n keer dat ons vir haar moet vir genesing. Ons het vir n paar oomblikke in doodse stilte in die Gees gebid. Toe ons praat, noem ons aan haar dat die HERE haar nie kan genees nie want sy het n verterende haat teenoor iemand. Die vrou erken dat dit so is, maar dat dit darem nie meer so erg is nie.

Ons verduidelik aan haar: Mevrou, dit is steeds so erg, dis net die siekte wat maak dat jy nou  meer aandag aan jouself en jou onmiddellike omgewing gee as wat jy aan die haat gegee het.

Sy herhaal dat dit darem nie so erg is nie. Ons bied haar n hipotese: As daar nou n geklop aan die voordeur is en jy maak oop en dis die mense wat jy so haat, sou jy hulle hartlike kon binne nooi en s: Baie welkom, ons het mekaar lanklaas gesien, kom binne en maak julle self tuis. Wat drink julle, tee of koffie?

Toe antwoord sy: Nee, darem nie so nie.

 

Hierdie vrou moes eers na haar vyande toe gaan en hulle gaan vergewe waarna die HERE haar volkome genees het. Ek en jy mag nie eers by die Nagmaaltafel aansit as ons iets teen iemand het, of weet dat iemand iets teen ons het nie. Ons moet die saak eers gaan regmaak en as ons dit nie doen nie eet en drink ons n oordeel oor onsself. 1 Kor. 11:23-30.

Let op strofe 30: Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en n aantal het ontslaap.

 

Mens durf nie met onvergewensgesindheid of sonde in jou hart Nagmaal gebruik nie. Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. Spr. 28:13.

Jy mag dink dat niemand iets van jou oortredinge af weet nie, maar by GOD is alles bekend. Die dag wanneer jy voor die Groot Wit Troon staan, sal almal in n vlietende oomblik alles van almal weet. Sou jy nie graag daar ongeskonde wou staan nie?

 

Kom dan, verootmoedig en maak jou saak met God en mens reg. Daarna het jy niks te vrees nie. Daarom, rig die slap hande en die verlamde knie weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.  Heb. 12:12:15    Sjibbolet

 


Ander Artikels