Raak ontslae van die

Struikelblokke!

 

Daar is net een struikelblok wat die kanaal tussen die mens en God se krag en heerlikheid versmoor. Dit is sonde!

 

As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, het Dawid verklaar, sou die HERE nie gehoor het nie, aldus Ps. 66:18.

 

En in Jes. 59:1-2 Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en Sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

 

As sonde die kanaal tussen jou en God versper, dan bid en hoop jy tevergeefs. Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Gal. 6: 7-8

 

Jy en jy alleen sal daardie skeidsmuur moet afbreek.  Daar is geen alternatief nie en ook geen kompromie nie.  God sal nie antwoord solank jy die ongeregtighede verberg nie, skryf Oswald J. Smith. Hosea 10:12 lees:  Saai volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, sodat Hy kom en geregtigheid oor julle laat ren.

 

Uit watter sonde is jou skeidsmuur gebou:

Hierdie is maar n kort lysie om jou mee te help. Hoe lyk jou lysie, as jy eerlik met jouself en met God is? As jy waarlik kind van God is, sal die Heilige Gees jou oortuig van die dinge waarmee God nie tevrede is in jou lewe nie.  Moenie jou sonde regverdig omdat ander dit ook doen nie.  Jy gaan alleen voor God moet staan!

 

God gebruik die woord sonde.  Hoe gouer jy jou sonde bely en laat staan, hoe gouer gaan God jou gebede begin beantwoord en jou sen.  Hoe langer jy neem om dit te doen, hoe langer bedrieg jy jouself. Vir God sal jy nooit kan bedrieg nie.

 

Raak ontslae van die struikelblokke!  As ons  onsself beoordeel, sal ons nie geoordeel wees nie. Die oordeel moet by jou, by die volk van God begin. Belydenis van sonde is die antwoord vir n kragtige geestelike herlewing in die land.  Een sonde kan n binding in jou gees veroorsaak en verhoed dat jy geestelike ontwaak en groei. Bepleit in die eerste plek soos Dawid in sy gebed:  Deurgrond my o God en kyk of daar by my n weg is van smart

 

Sodra die struikelblokke verwyder is, sal God Sy magtige herlewingskrag op ons laat ren! Lees weer wat s die HERE in Jes. 59:1-2 Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en Sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het n skeidsmuur geword (waar is die skeidsmuur?) tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.  Sjibbolet  

 


Ander Artikels