|
Sjibbolet
Sjibbolet is ‘n soort taalkundige wagwoord: ‘n Wyse van spreke (‘n uitspraak of
die gebruik van ‘n betrokke uitdrukking) wat mens as lid van jou groep
identifiseer. Die doel van die woord is eksklusief sowel as inklusief: ‘n
Persoon wie se wyse van spraak ‘n sjibbolet skend is geïdentifiseer as ‘n
buitestander en is dus uitgesluit van die groep. (Hierdie fenomeen is deel van
die spreekwoord “Moenie iemand op sy baadjie takseer nie” – ‘n neiging
oënskynlik verskans in menslike erkenning, en die gebruikstaal om sosiale groepe
te onderskei).
Die
begrip van die wagwoord is aangeteken in Rigters. Die word sjibbolet is ‘n
oud-volkere Hebreeuse dialek wat beteken “oor of graankorrel” en sommige meen
ook dat dit “waterstroom” beteken het. Sommige spreek dit uit met die “sj” en
andere bloot met die “s”.
Die
woord sjibbolet word die eerste keer gebruik in Rigters 12:4-6 “Daarop versamel
Jefta al die manne van Gílead om teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het
Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van
Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.
“En
Gílead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge
van Efraim sê: Ek wil deurgaan – dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy 'n
Efraimiet? As hy sê: Nee, dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê:
Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak
hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee en
veertig duisend man geval.” – Prof. S. Kemmer, Rice Universiteit, VSA.
Aan
watter groep behoort jy? Behoort jy aan die Christen-groep, die gelowiges wat
God in Gees en in Waarheid aanbid: “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware
aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook
mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en
waarheid aanbid.” Jer. 4:23-24
As jy nie aan
hierdie groep behoort nie en verlange het om wel daaraan te behoort, lees dan “Die Drie Vrae van Ewige Belang” op
hierdie blad.
As jy teruggeval
het en God nie dien soos dit hoort nie, is die volgende vir jou: “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en
maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie,
maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking
waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade
van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en
baie hierdeur besoedel word nie.” Heb.12:12-15
|